![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|||
![]() |
|||
NOG 'N DAG “Mag ek wens vir nog ‘n dag, geseënd. Nog ‘n môre.”Miskien gaan jy bietjie bly. Miskien gouer gaan. Wie weet, hoe lank jou dag van môre gaan bestaan. Jy wou nog plekke onthou, gister gesien. Jy wou nog droom van ‘n toekoms, eendag met herinneringe geseën. Jy wou nog ‘n laaste keer die wind deur jou hare voel waai. Net nog een keer, die nat druppeld op jou gesig voel reën. Sonder jou toestemming, is jou ewige asem van jou ontneem. Dis so koud en donker, jy mis die son en die reën. Die ewige sonskyn is ‘n seën, vir die wat agter bly en oor jou ween.
|
|||
|